Verskeie klerewinkels het Nike by die Mededingingskommissie aangekla na hulle slegs ’n paar winkels -die SA Rugby Shop, Total Sports, Studio 88 en Sportsmans Warehouse -toegelaat het om die Nike-Springboktrui te verkoop.
Die Mededingingskommissie het nou ’n ondersoek begin, maar het aan Daily Maverick gesê hulle kan nie kommentaar lewer nie.
Die klerewinkels is van mening Nike oortree die mededingingswet deur slegs sekere winkels toe te laat om die truie te verkoop. Hulle het ook gesê ASICS het dit nie gedoen toe hulle met SA Rugby gewerk het nie.
Bronne: Daily Maverick, All Africa, SABC Sport
Lees ook: Nike kan aangekla word by mededingingskommissie oor Springbok-truie



