Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot
FRANKRYK. – Twee mans is tronkstraf opgelê na hulle ‘n busdrywer in 2020 doodgeslaan het omdat hy hulle gevra het om af te klim toe hulle nie hulle maskers tydens die pandemie “reg gedra” het nie.
Wyssem Manai en Maxime Guyennon, albei 25, het Philippe Monguillot (59) op 5 Julie 2020 met ernstige kopbeserings langs sy bus gelos na hulle hom geslaan het. Monguillot het ‘n klein groep mans gevra om hulle maskers reg aan te sit, want dit het oor hulle kenne gehang. Hy het hulle gevra om af te klim, waarna hulle hom aangeval het. Die mans het hom geskop en geslaan en hy het sy kop gestamp toe hy val. Hy is na vyf dae in die hospitaal oorlede.
Manai en Guyennon het Donderdag onderskeidelik 15 en 13 jaar tronkstraf gekry.
Bronne: BBC, BOL News, MSN
Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot



