Lees ook: Eerste vrou in Afrika om duikboot te navigeer oorlede in duikboottragedie
KOMMETJIE, KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse vloot het gesê alle veiligheidsmaatreëls is gevolg tydens die hervullingoperasie wat Woensdag gelei het tot die dood van drie vlootduikers in Kommetjie.
Die Suid-Afrikaanse vlootadmiraal, Musawenkosi Nkomonde, het gister gesê die SAS Manthatisi is deur ’n brander meegesleur wat tot die dood van drie vlootduikers gelei het. Die ander vier duikers is gered en een is in kritieke toestand in die hospitaal.
Nkomonde het gesê alle veiligheidsmaatreëls is nagekom tydens die vertikale hervullingoperasie. Hy het gesê die voorval sal ondersoek word sodra die vier oorlewendes herstel het.
Hy het ook gesê die duikboot sou deelneem aan die SA-vloot se viering by die V&A Waterfront die naweek, maar die viering is nou gekanselleer.
Bronne: EWN, Daily Maverick, All Africa
Lees ook: Eerste vrou in Afrika om duikboot te navigeer oorlede in duikboottragedie



