Lees ook: SABC beskuldig MultiChoice van boeliery
SA Rugby het verlede jaar ‘n ses jaar kontrak met Nike gesluit om die nasionale spanne, manlik, vroulik en junior, van hulle uitrusting, klere en meer te voorsien.
Slegs sekere sportklerewinkels mag die nuwe Springbok-truie verkoop en dit blyk dat ander sportklerewinkels ‘n klag by die mededingingskommissie hieroor ingedien het.
Die klagte is dat Nike die mededingingswet oortree deur slegs TotalSports, Studio 88 en Sportmans Warehouse toe te laat om die truie te verkoop.
Die winkels het gesê ASICS, met wie SA Rugby voorheen ‘n kontrak gehad het, was nie so beperkend nie. Hulle het ook gesê hulle wil hê alle Suid-Afrikaners moet teen ‘n bekostigbare prys toegang tot die truie hê en dat Nike se weiering om hulle toe te laat om die truie te verkoop hulle reputasies skaad.
Nike het gesê die winkels het nie toestemming om die truie te verkoop nie en die besluit kan eers oor nege maande of buite die seisoen hersien word.
Bronne: SABC Sport, VN Explorer, Rugby Pass
Lees ook: SABC beskuldig MultiChoice van boeliery



