SABC beskuldig MultiChoice van boeliery

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kyk van die Wêreldbeker-rugby op ander platforms is onwettig, sê MultiChoice

Die SABC het MultiChoice by die Mededingingskommisie aangekla van “boeliery en anti-mededingende gedrag” na hulle die prys vir die regte om die Wêreldbeker-rugby uit te saai, opgejaag het.

MultiChoice en die SABC kon Donderdag ‘n ooreenkoms bereik waarvolgens die SABC 16 van die wedstryde, insluitend al Suid-Afrika se wedstryde, sal uitsaai.

MultiChoice is deur die SABC by die Mededingingskommisie aangekla na die laat ooreenkoms die SABC beroof het van ‘n kans om borge te kry. Die SABC moet aan baie vereistes voldoen om die wedstryde te kan uitsaai.

Bronne: IOL, EWN, The Africa

Lees ook: Kyk van die Wêreldbeker-rugby op ander platforms is onwettig, sê MultiChoice