Verskeie skrywers dagvaar ChatGPT

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot

VSA. – Skrywers George R.R. Martin en John Grisham dagvaar die eienaar van ChatGPT, OpenAI, oor bewerings dat hulle kopiereg geskend is om die sisteem “op te lei”.

In die regsgeding beweer die skrywers hulle boeke is sonder hulle toestemming gebruik om ChatGPT “slimmer te maak”. OpenAI het gesê dit respekteer die regte van skrywers en glo “hulle moet baat by die AI-tegnologie”. Ander skrywers wat in die regsgeding genoem is, is Jonathan Franzen, Jodi Picoult en George Saunders.

Die regsgeding beskuldig OpenAI van “sistematiese diefstal op ’n massiewe skaal”. Die regsgeding volg na die komediant Sarah Silverman OpenAI in Julie gedagvaar het en ’n brief van skrywers Margaret Atwood en Philip Pullman wat sê die AI-maatskappy moet betaal om mense se werk te gebruik.

Bronne: BBC, The Star, EWN

Lees ook: Alle veiligheidsmaatreëls gevolg tydens hervullingoperasie – SA vloot