Lees ook: Winkeleienaar dood gevind in skeepshouer
SAN PEDRO, MEXIKO. – ‘n Vlieënier is Sondag oorlede na die vliegtuig wat hy gebruik het om te help met die bekendmaking van hulle baba se geslag (gender reveal) neergestort het.
In ‘n kort video op sosiale media staan ‘n paar langs ‘n teken waarop daar staan Oh Baby omring deur pienk en blou ballonne. Luis Angel (32) vlieg oor hulle met pienk rook. Die vliegtuig begin toe draai en die linkervlerk buig boontoe en daar stort die vliegtuig neer. Die partytjiegangers het glo nie gesien iets is fout met die vliegtuig nie en het aanhou vier.
Angel is deur paramedici na ‘n hospitaal geneem, maar is later die dag oorlede.
Bronne: IOL, News24, CNN, Complex, Instagram
Lees ook: Winkeleienaar dood gevind in skeepshouer



