PAARL, WES-KAAP. – Die bestuurder van ‘n Toyota Tazz is op Maandag 18 September 2023 omstreeks 12: 50 lig beseer toe hy met sy motorvoertuig die pad teen Paarlberg byster geraak het.
Kapt. Frederick van Wyk sê die Paarl-polisie is na die ongelukstoneel ontbied waar die voertuig teen die wal af is.
Die bestuurder het na bewering probeer om ‘n U-draai op die bergpad te maak toe hy beheer verloor en teen die berg af is en teen bome tot stilstand gekom het.
Hy het ligte beserings opgedoen.
Bronne: SAPD en Paarl FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



