Tienermeisie ernstig beseer tydens fratsmotorfietsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS, NOORDWES. – Juanize (14) is ernstig in ‘n fratsmotorfietsongeluk op ‘n plaas beseer.

Melizna Botha, Juanize se ma, het haar tot sosiale media gewend om hulp vir die tiener, wat breinbloeding opgedoen het, te verkry. Sy is nie lid van ‘n mediese fonds nie.

Met ondersteuning en donasies kon sy na Netcare Unitas-hospitaal in Pretoria oorgeplaas word waar sy in die trauma-intensiewesorgeenheid die nodige mediese sorg van ‘n neurochirurg ontvang.

Tydens ‘n opvolgplasing is gesê Juanize is stabiel, maar steeds baie siek. Sy sou Saterdag uit ‘n medies-geïnduseerde koma wakker gemaak word waarna ‘n CT-skandering sal volg om swelling en bloeding op die brein te monitor.

Dit was tot dusver nie nodig om die tiener te opereer nie.

Enigiemand wat die familie kan bystaan, kan na Melizna Botha se sosialemediablad gaan vir besonderhede.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel