Sun City Resort confirms fire at Cabanas kitchen has been successfully extinguished.
— Sun City Resort (@SunCityResortSA) September 16, 2023
Quick action by staff and Sun City’s fire services brought it under control in under an hour.
Thankfully no injuries reported and guest accommodation unaffected.
SUN CITY, NOORDWES. – Arno Jordaan, SA-sanger, het ‘n video-opname gedeel van Sun City Cabanas se kombuis wat gister aan die brand was.
Sun City het gistermiddag na 16:00 bevestig die brand is geblus en dat gaste-akkomodasie nie deur die skade geraak word nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Prinses Charlene van Monaco was tydens die voorval teenwoordig by haar Water Bike Challenge wat geld insamel om waterveiligheid te bevorder.
Die Noordwes-regering onder leiding van Nono Malyoi, die waarnemende premier van Noordwes, het ook gister ‘n ete by Sun City gehou en saam met dr. Kgosientsho Ramokgopa en ander hooggeplaastes plaaslike en buitelandse potensiële beleggers onthaal.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



