Kyk: Sanger deel video van plaas wat halfpad afbrand

Deel hierdie storie / Share this story

Chris Chameleon, oftewel Chris Mulder, SA-sanger en akteur, het ‘n video gedeel waarin hy sê ten minste die helfe van hulle plaas Verkykerskop in die Oos-Vrystaat het Vrydagaand afgebrand.

Hy noem geen huise het gebrand of persone is beseer nie.

Chris het sy bewondering uitgespreek oor bure en boere wat in tye van nood bystand verleen.

Lees sy plasing hier onder:

“gisteraand het ten minste die helfte van ons plaas afgebrand. gelukkig geen mense of huise in die slag gebly nie. die mees indrukwekkende aspek van hierdie beproewing is die wyse waarop bure en boere uit die kontrei onmiddellik inklim en onvoorwaardelik kom en hulle lewens op die spel plaas om te help veg. hoe sê mens vir ‘n boer jy bewonder hom en het hom lief, sonder om hom ongemaklik te maak?

jy bly maar stil.

jy is maar stil en weet dit net.”

Bron: Chris Chameleon

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel