Kyk: Nóg ‘n video van ‘n man wat aangeval word in omloop

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n tyd waarin video-opnames van persone wat aangeval word, hoogty vier, het nog ‘n video van so ‘n voorval aan die lig gekom.

Yusuf Abramjee het die video gedeel waarin ‘n man by ‘n toonbank sit en dan deur twee mans van agter en van die kant aangeval word en met die vuis toegetakel word. Tydens die voorval wat glo in Benoni plaasgevind het, het ‘n man tussenbeide getree om die geveg stop te sit.

FiND iT het meer onlangs drie video-opnames van drie voorvalle gedeel waarin persone aangeval en in sommige gevalle ernstig beseer is.

Polisiekommentaar is gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel