POLOKWANE, LIMPOPO. – Enny Malatji (35) wat na bewering ‘n sesjarige seun herhaaldelik ernstig aangerand en daarvoor in hegtenis geneem is, het Donderdag 14 September 2023 in die Namakgale-landdroshof verskyn. Sy bly in aanhouding tot die saak vir haar formele borgaansoek weer op 21 September aangehoor word.
Kol. Malesela Ledwaba sê die minderjarige seun se ma het gereël dat die vrou na die kind omsien. Bure het egter opgemerk hy word “gereeld aangerand” en het dit aan die polisie rapporteer.
Met ‘n ondersoek is gevind die kind het ou sowel as nuwe beserings gehad. Die vrou is dadelik vir aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



