KALIFORNIË, VSA. – ‘n Man wat na bewering ‘n perd onder die invloed van alkohol gery het, is in Merced deur offisier Kody Brackett in hegtenis geneem.
Die man op die perd se rug het ‘n oop houer met alkohol by hom gehad. Hy is vir “bestuur” onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem volgens ‘n padverkeerswet wat dieselfde reëls vir ‘n motor as ‘n dier stipuleer.
Offisier Brackett het die dier veilig tuis besorg na sy ruiter se inhegtenisneming.
Bronne: The Guardian, New York Post en Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



