Vrou beseer toe rowers voertuig se ruit uitslaan

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KZN. – ‘n Vrou het Saterdagmiddag 16 September 2023 net na 12:30 beserings opgedoen toe booswigte glo ‘n motorvoertuig se ruit in Aliwalstraat uitgeslaan het in ‘n poging om die twee insittendes te beroof.

ALS Paramedics sê die vrou het beserings aan haar arms opgedoen.

Die beseerde persoon is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici behandel voor sy vir verdere mediese sorg na ‘n hospitaal geneem is.

Die SAPD en die metropolisie was vir ondersoek op die toneel teenwoordig.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel