MARSHALLTWON, GAUTENG. – Net voor 10:00 op Vrydagoggend 15 September 2023 is brandbestryders na ‘n brandende gebou in Delverstraat uitgeroep.
Hulle kon die brand op die grondvloer van ‘n drieverdiepinggebou wat gekaap is en waarin inwoners bousels opgerig het, blus. Die gebou is nie ver van die gebou in Marshalltown nie waar meer as 70 persone ‘n paar weke gelede in ‘n brand omgekom het.
Een persoon is vir rookinaseming behandel. Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Bronne:
The Citizen News en City of Joburg EMS
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



