Kyk: Demi Lee Moore kletsrym vir GrootJol Springbok-serenade

Deel hierdie storie / Share this story

Demi Lee Moore wys in ‘n video-opname dat sy die kletsrymdeel van die Leon Schuster-treffer Die Bokmasjien kán sing.

Talle sangers moes oor die afgelope paar weke die treffer vir Saterdag 23 September se Jakarandastad-GrootJol by die Voortrekkermonument, waar die grootste Springbok-serenade beplan word, leer.

Demi Lee Moore het by die grootbaas aka Arnold Coleske en Paulo Azevedo in die ateljee ingeloer en haar slag gewys.

Leon Schuster het die volgende plasing op 14 September oor sy nuwe treffer gemaak:

Ek soek nou al jare lank na ‘n waardige opvolger van Hie kommie BOKKE en ek dink ek het hom gekry met my jongste vrystelling Die Bokmasjien. Ek het maande en maande gewroeg hieroor en op ‘n dag toe slaat die muse my. Ek het GEWEET die song gaan die boude laat wip en die knieë laat knak! En so is dit. Die terugvoer is fantasties en die song WERK!! Luister Die Bokmasjien op alle sosialemediaplatforms. Dis great en Jy gaan jou voel Jy wil rittel-TIT!!!’

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel