Malcolm Marx uit Wêreldbeker-rugbytoernooi

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Springbokke kan gedwing word om blou trui aan te trek tydens Wêreldbeker-rugby

Die Springbokke het ’n knou gekry met die nuus dat Malcolm Marx uit die Wêreldbeker-rugbytoernooi uitgesluit word. 

Dit volg nadat Marx ’n kniebesering opgedoen het by die Springbokke se oefensessie hierdie week in Toulon. Hy het glo ’n kruisligament geskeur en n skandering laat doen. Die diagnose is ernstig genoeg om hom uit die res van die toernooi te laat. 

Die verlies van Marx as ’n speler in die Wêreldbeker is ’n groot slag vir die span, veral voor die wedstryd op 23 September teen Ierland in Parys. 

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het gesê die span het genoeg dekking vir die hakerposisie met Bongi (Mbonambi) en Deon (Fourie) in die groep, terwyl Marco (van Staden) ook met die groep geoefen het.

Marx is die vierde Bok-speler wat vanjaar beseer is, die tweede by vanjaar se Wêreldbekertoernooi en eerste wat uitgesluit is. Dis nog onseker of die slot Eben Etzebeth in die Ierland-wedstryd gaan speel nadat hy ‘n skouerbesering opgedoen het tydens verlede week se oorwinning van 18-3 teen Skotland in Marseille.

#Rugby #RWC #Wereldbeker #Springbokke #MalcolmMarx

Bronne gebruik: News24; The Citizen.