Man dood in plas bloed gevind – verdagtes gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE, LIMPOPO. – Trevor Mashao Bosch (33) van Lebowakgomo is Maandag 11 September 2023 omstreeks 23:00 in Bokstraat doodgeskiet in ‘n plas bloed gevind.

Kol. Malesela Ledwaba sê polisie en nooddienste het die oorledene met sy motorfiets langs hom gevind. Hy het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die motief vir die moord moet nog deur die ondersoek vasgestel word.

Enigiemand met inligting van die moord word versoek om speursers. Petrus Monama by 083 338 382 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel