Dodetal in Marokko-aardbewing styg steeds

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Marokko-dodetal styg tot 2 800

MAROKKO. – Oorlewendes van die Marokko-aardbewing het hulle frustrasie uitgespreek dat hulle nie hulp van owerhede ontvang nie terwyl reddingspanne steeds onverpoosd werk om oorlewendes onder die puin op te spoor.

Die dodetal het intussen tot 2 901 gestyg en die aantal beseerdes het tot 5 530 toegeneem. Vrydag se aardbewing was die dodelikste aardbewing in Marokko in ses dekades.

Reddingspanne van Spanje, die VK en Katar help Marokkaanse reddingspanne terwyl Italië, België, Frankryk en Duitsland sê hulle pogings om hulp aan te bied is nog nie goedgekeur nie.

Bronne: IOL, TimesLIVE, Bloomberg

Lees ook: Marokko-dodetal styg tot 2 800