Marokko-dodetal styg tot 2 800

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens 2 000 dood in Marokko-aardbewing

MAROKKO. – Reddingspanne in Marokko is steeds op soek na oorlewendes na Vrydag se aardbewing, die dodelikste wat Marokko in ses dekades getref het.

Die dodetal het tot meer as 2 800 gestyg. Kenners het gewaarsku oor naskokke wat vir weke of maande kan voortduur. Daar was tot dusver glo meer as 25 naskokke na Vrydag se aardbewing.

Die Rooi Kruis het gesê die skade veroorsaak deur die aardbewing kan jare neem om herstel te word.

Bronne: Independent, France24, All Africa

Lees ook: Minstens 2 000 dood in Marokko-aardbewing