Kimberley-polisie vra hulp om vermiste vrou op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Die polisie versoekdie hulp van die gemeenskap om Hei-Monique van der Westhuizen (29) van Garnerstraat in Beaconsfield, wat vermis is, op te spoor.

Sy is laas deur ‘n vriend opgemerk en was toe in ‘n swart hoodie met Number one girl op die voorkant geskryf, ‘n swart broek en swart seilskoene geklee.

Van der Westhuizen het ‘n tatoe op haar linkerhand met die letters CDK.

Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan speurkonst. John Ross Webb by 069 703 9826 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel