Lees ook: Luis Rubiales bedank oor ongevraagde soen
MAROKKO. – Die dodetal na Vrydag se aardbewing in Marokko wat 6.8 op die Richter-skaal gemeet het, het tot 2 122 gestyg, met 2 421 verdere aangemelde beserings. Dit is die ergste aardbewing in die gebied in meer as 60 jaar.
Daar was gister ’n naskok van 3.9 terwyl reddingswerkers en inwoners oorlewendes onder die puin gesoek het.
Die Verenigde Nasies het gesê 300 000 mense is deur die aardbewing geraak.
Reddingspogings is steeds onderweg na vermistes wat onder die puin vasgekeer is. Die dodetal sal na verwagting aanhou styg.
Bronne: USA Today, All Africa, Sky News, BBC



