Man ‘verkeerdelik doodgeskiet’

Deel hierdie storie / Share this story

OSINDISWENI, KZN. – ‘n Man (29) wat vermoedelik verkeerdelik vir sy neef, wat ‘n taxibestuurder is, aangesien is, is Maandagmiddag 11 September 2023 omstreeks 18:52 by sy ouma se huis doodgeskiet.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die oorledene, wat nie ver van sy ouma af gewoon het nie, het glo vir haar gaan kuier toe hy verskeie keer geskiet is.

Die neef, wat na bewering die eintlike teiken was, was nie ten tyde van die voorval tuis nie.

Altesaam 17 x 9 mm-patroondoppies is op die toneel gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel