Die Demokratiese Alliansie (DA) doen ‘n beroep op die provinsiale regering om dringend te help om die impak van die Emthanjeni-waterkrisis te versag. Groot dele van De Aar is vir meer as twee weke sonder water. Huishoudings, besighede, ouetehuise, skole en gesondheidsorgfasiliteite word ernstig ontwrig.
‘n Oorsiginspeksie van waterinfrastruktuur, wat Vrydag deur ‘n span DA-raadslede, insluitend myself, Gerhard Engelbrecht en Roweda Adams-Beukes gedoen is, het ‘n gebrek aan instandhouding uitgewys. Dit is deur hoë vlakke van beurtkrag vererger. Die onlangs herstelde waterversterkerpompe bied ‘n uitdaging weens oorstromings. Die hoofreservoir lek en is slegs 12,3% vol. Gebreekte waterpype dra verder by tot lae waterdruk.
Die De Aar-hospitaal is een van die fasiliteite wat die ergste geraak word. Die situasie word vererger deur die feit dat die reservoir, wat veronderstel is om die hospitaal te voed, al jare lank wanfunksioneel is. Die pompe is deur konstant lae watervlakke geaffekteer. Terwyl Emthanjeni twee boorgate naby die hospitaal beskikbaar gestel het, het die gesondheidsdepartement versuim om twee vereiste sonkragpompe te bekom om dit in werking te stel. Dit is ten spyte daarvan dat die DA die departement van gesondheid versoek het om aan die begin van die nuwe boekjaar hiervoor te begroot.
Die DA plaas druk op die munisipaliteit om dringend aandag te gee aan die voortdurende wateruitdagings. In die afwesigheid van ‘n watertenkwa, om die huidige gebruik van ‘n klein bakkie met ‘n Jo-Jo-tenk aan te vul, het ons vir die LUR van Paaie en Openbare Werke versoek om watervragmotors beskikbaar te stel om watervoorsiening aan geaffekteerde gemeenskappe te verbeter.
Ons het ‘n opvolgversoek aan die LUR van Gesondheid, asook die LUR van COGHSTA, ingedien om die installering van sonkragpompe by die twee boorgate. Ons sal ook opdaterings van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) en die departement van water en sanitasie versoek ten opsigte van waterklagtes wat voorheen by hulle ingedien is.
Die DA sal verder met gemeenskapsorganisasies vergader om ‘n gekoördineerde reaksie op De Aar se voortslepende waterprobleme te beplan. Alle inwoners van Emthanjeni verdien toegang tot doe volhoubare voorsiening van water.
*PERSVERKLARING
Lees ook: Drie dood in Houtbaai-massaskietery



