MT. MORELAND, KZN. – ‘n Inwoner het Sondagoggend 10 September 2023 omstreeks 06:28 op sy oggenddraffie op ‘n motorfietsongeluk waarin ‘n vrou (19) dood en ‘n man (25) beseer is afgekom.
Reaction Unit South Africa (Rusa) is deur die inwoner in kennis gestel. Hulle het die twee beseerdes en ‘n veldmotorfiets in ‘n bos gevind. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die manspersoon is ernstig beseer.
Die omstandighede van die ongeluk word ondersoek.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



