Jong man (18) in hegtenis nadat meisie (12) swanger is

Deel hierdie storie / Share this story

REITZ, OVS. – ‘n Jong man (18) van Petsana is Saterdag 9 September 2023 in hegtenis geneem nadat ‘n meisie (12) glo verkrag is en swanger geword het.

AO Mmako Mophiring sê die meisie se ma het op 2 Junie 2023 agterdogtig geword toe haar dogter gedink het sy is dalk swanger en toe boonop positief is. Die minderjarige dogter kon wel bevestig sy het saam met die verdagte geslaap, maar kon nie die spesifieke datum bevestig nie.

Omdat die ma glo bekommerd was oor haar dogter se gesondheid is die saak nie dadelik aangemeld nie.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, is deur die polisie vir verkragting aangekla en het Maandag 11 Septemper in die Reitz-landdroshof verskyn waarna die saak tot 13 September uitgestel is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel