Drie dood in Houtbaai-massaskietery

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sekuriteitsbeampte skiet glo voormalige meisie, kinders en haar kêrel

HOUTBAAI. – Drie lede van ‘n gesin het gister gesterf na ’n massaskietery in Imizamo Yethu, Houtbaai. Die slagoffers, 26, 20 en 18, en ’n onbekende persoon is in Molokwanastraat aangeval.

Twee van die slagoffers is op die toneel oorlede terwyl die onbekende persoon en die 18-jarige na ‘n hospitaal geneem is waar die 18-jarige gesterf het.

Die polisie is besig om die moord en poging tot moord te ondersoek en het gesê die rede vir die aanval is nog onbekend.

Bronne: IOL, Pressreader, Cape Argus

Lees ook: Sekuriteitsbeampte skiet glo voormalige meisie, kinders en haar kêrel