BORDEAUX. – ’n Ierse rugbyaanhanger (37) is glo ontvoer en deur drie mans verkrag na die Wêreldbekerwedstryd tussen Roemenië en Ierland.
Die vrou is glo deur drie mans by ’n stegie ingetrek en by ’n kar ingedwing waarna sy na Rue du Puits Descazaux geneem is. Sy is daar deur die drie mans verkrag. Die inwoners het die polisie gebel, maar die verdagtes het weggekom.
Die vrou is deur ’n groep Walliese ondersteuners in die straat gekry wat haar gehelp het. Die polisie ondersoek die voorval.
Bronne: Planet Rugby, The Telegraph, Evening Standard
Lees ook: Drie dood in Houtbaai-massaskietery



