Man wat vrou vermoor tydens geveg kry lewenslange tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie dood in Houtbaai-massaskietery

ATTERIDGEVILLE. – ‘n Man wat sy vrou tydens ‘n geveg doodgemaak het is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Christhappy Foster Maluleke (41) en sy vrou Rirhandzu Life Shisana (33) het op 22 November 2021 ‘n argument gehad wat tot ‘n fisiese geveg gelei het.

Rirhandzu is dood tydens die geveg en Maluleke het haar liggaam op die bed gesit, met ‘n kombers toegemaak en gevlug. Hy het later die dag die polisie gebel en vertel wat gebeur het en het saam met hulle na die huis gegaan.

Maluleke het skuldig gepleit en gesê dit was ‘n vorm van selfverdediging. Hy het gesê hy het drie klein kinders, daarom moet hy ‘n korter vonnis kry.

Die regter het beslis Maluleke het nie Rirhandzu se reg om te lewe respekteer nie en toon geen berou vir die moord nie. Hy het ook gesê daar was geen bewyse van omstandighede wat ‘n korter vonnis regverdig nie.

Bronne: IOL, News24, TimesLIVE

Lees ook: Drie dood in Houtbaai-massaskietery