Lees ook: Marokko-dodetal styg tot 2 800
MISSISSIPPI, VSA. – ’n Seun (10) is verlede maand in hegtenis geneem na hy in ’n parkeerarea urineer het. Sy ma, LaTonya Eason, het gesê sy was by ’n afspraak toe haar seun, wat buite gewag het, ’n bordjie gesien het wat sê daar is geen openbare badkamers nie.
Quantavious Eason het toe naby haar voertuig op privaat eiendom sy blaas geledig. ‘n Polisiebeampte wat verbygery het, het hom gesien. Die beampte het stilgehou en na LaTonya gaan soek. Sy het gesê sy het met haar seun geraas en sy het gedink die saak is afgehandel. Dit het voorgekom of die polisiebeampte ook tevrede was. Nog vier polisiebeamptes, insluitend ‘n luitenant, het egter daarna opgedaag en die seun in hegtenis geneem.
Die familie se prokureur het gesê die seun is aangekla in die jeughof en is vir 45 minute tot ‘n uur in ‘n sel aangehou.
Die familie en prokureur wil hê die polisiebeamptes moet afgedank word en dat die aanklag teen Quantavious laat vaar word.
Die polisie het gesê ‘n inwendige ondersoek is uitgevoer en een van die beamptes is afgedank en die ander sal disipline ontvang.
Bronne: Briefly, CNN, The Mirror
Lees ook: Marokko-dodetal styg tot 2 800



