Lizka Nell (23), ‘n oud-leerling van Laerskool Randfontein, Hoërskool Riebeeckrand en NWU-Pukke is volgens ‘n sosialemediaplasing die naweek doodgeskiet.
Laerskool Randfontein se plasing lui Nell en ‘n vriend is by ‘n kampplek aangeval en geskiet.
Medelye is teenoor haar gesin, Barry, Wanda en Tiaan Nell, uitgespreek.
Verskeie boodskappe van simpatie is deur familie en vriende op sosiale media geplaas.
Bron: Laerskool Randfontein, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



