Lees ook: Prins Mangosuthu Buthelezi se begrafnis is Vrydag
KZN. – President Cyril Ramaphosa het aangekondig prins Mangosuthu Buthelezi sal ’n vlak 1-staatsbegrafnis kry met elemente van militêre eerbewyse. Ramaphosa het ook gesê die land se vlae moet van vandag af tot die aand van die dag waarop die begrafnis sal plaasvind halfmas hang.
Dit is waarskynlik dat Buthelezi se begrafnis na Saterdag geskuif sal word. Hy is verlede Saterdag op die ouderdom van 95 oorlede.
Die IFP het aangekondig ’n nasionale gedenkdiens sal môre vir Buthelezi in Ulundi by die Prince Mangosuthu-stadion gehou word.
Bronne: IOL, SABC, EWN



