Partyleiers besoek familie van prins Mangosuthu Buthelezi

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Prins Mangosuthu Buthelezi kry vlak 1-staatsbegrafnis

Die voorsittende beamptes gelei deur die speaker van die parlement se Nasionale Vergadering, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, mnr. Amos Masondo, sal môre ‘n afvaardiging leiers van verskeie parlementêre politieke partye lei om prins Mangosuthu Buthelezi se familie te besoek om eer te betoon en meegevoel namens die res van die parlementslede oor te dra.

Dit volg op die heengaan van die 95-jarige veteraan-LP op Saterdag 9 September ná ’n siekbed. President Cyril Ramaphosa het aangekondig ’n vlak 1-staatsbegrafnis sal vir Buthelezi gehou word en landsvlae sal halfmas hang tot die aand van sy begrafnis. Nasionale gedenkdiense sal ook gehou word.

#Parlement #PartyLeiers #Buthelezi #Begrafnis

Bronne gebruik: Parlementêre persverklaring (12 September 2023)