Kyk: Vragmotor wat beheer verloor veroorsaak chaos in Kaapstad

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD,.- ‘n Video-opname is deur Mr. Cape Town Blog gedeel waarin gesien kan word hoe ‘n vragmotor in Kloofstraat beheer verloor en rol.

Alderman JP Smith sê die stad se brandbestryding- en-reddingsdienste is op die toneel. Die vragmotorbestuurder is met ligte beserings na ‘n hospitaal geneem. Nog vier ander persone is beseer.

Volgens Smith het die swaarvoertuig met verskeie motorvoertuie gebots voordat dit gerol het.

Motoriste is gevra om die area te vermy en totdat die toneel opgeruim is liefs van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die Kloofnek-pad is vir verkeer gesluit.

Bron: JP Smith en Mr. Cape Town Blog

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel