Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak se verklaring sal waarskynlik betwis word
PRETORIA. – Die Senzo Meyiwa-saak is uitgestel tot môre na een van die beskuldigdes glo siek geraak het.
Beskuldigde nommer 5, Fisokuhle Ntuli, was eers nie in die beskuldigdebank toe die saak vanoggend begin het nie, maar het minute voor die saak sou begin by die hof ingegaan.
Sy prokureur het gevra vir uitstel sodat Ntuli mediese hulp kan kry. Regter Ratha Mokgoatlheng het beveel dat Ntuli deur ’n dokter, nie verpleegsters nie, gesien word.
’n Mediese verslag oor sy gesondheid sal môre aan regter Mokgoatlheng oorhandig word.
Bronne: Jacaranda FM, TimesLIVE, MSN
Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak se verklaring sal waarskynlik betwis word



