Motorfietsryer sterf op ongelukstoneel

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KZN. – ‘n Jong man, vermoedelik in sy 20’s, wat Sondagoggend 10 September 2023 op die hoek van Edwin Swales- en Titrenstraat in die Bellair-area met ‘n supermotorfiets in ‘n ongeluk met ‘n minibustaxi betrokke was, het op die toneel gesterf.

ALS Paramedics is deur chaos op die ongelukstoneel begroet.

Gevorderde lewensondersteunende paramedici het vergeefs gewerk om die kritiek beseerde jong man te stabiliseer. Hy is op die toneel dood verklaar.

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel