Tienerseun deur vrou ‘verkrag’

Deel hierdie storie / Share this story

TSEKI, VRYSTAAT. – ‘n Tienerseun (14) is na bewering op Vrydag 1 September 2023 deur ‘n vrou (38) verkrag.

AO Mmako Mophiring sê die seun het in die straat gespeel toe die verdagte hom glo na haar huis roep, hom ontklee en verkrag. Sy het hom glo daarna geld gegee om stil te bly.

Mophiring sê die seun het vir sy ma vertel wat gebeur het en dit is aan die polisie gerapporteer, waarna hy mediese toetse ondergaan het.

Die verdagte is op Vrydag 8 September 2023 deur Phuthaditjhaba-GKS in hegtenis geneem en aangehou.

Sy sal na verwagting vandag vir verkragting in die Tseki-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel