Jamie Fine, ‘n Kanadese sangeres en TikTok-sensasie, het haar tasse gepak om op Saterdag 2 September by die Beef Stock Rock Fest in Hartbeespoort in Noordwes op te tree.
Tydens radio-onderhoude het sy gesê sy het op die land verlief geraak, maar het ‘n kultuurskok met beurtkrag beleef. Fine het Suid-Afrikaners as gaaf, liefdevol en ongelooflik beskryf.
Sy het ‘n platinumtoekenning vir haar musiek in Suid-Afrika ontvang en volgens haar was ‘n buitelandse toekenning nie eers op haar radar nie.
Haar droom was om ‘n olifant te “ontmoet” en sy sê sy het haar oë uitgehuil toe daar vir haar ‘n verrassing gereël is en sy aan ‘n olifant kon raak. In haar gedeelde plasing met foto’s het sy te kenne gegee haar lewe is nou volmaak.
Sy het onderhoude met Bosveld Stereo en Radio Jacaranda gevoer en gesê ‘n volgende besoek aan Suid-Afrika word reeds vir volgende jaar beplan.
Bron: Jamie Fine FB-blad, Radio Jacaranda en Bosveld Stereo
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



