Gemeenskapspatrolleerder doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.

ZWELISHA, KZN. – ‘n Gemeenskapspatrolleerder (58) is op Saterdagmiddag 9 September 2023 in sy erf in Insingizistraat doodgeskiet toe hy in sy voertuig op pad was om te patrolleer.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle deur inwoners in die straat vir hulp ontbied.

Met aankoms is die oorledene met verskeie skietwonde onder ‘n kombers aangetref. Hy het aan sy beserings gesterf.

Sy familie het vertel hy was na bewering in sy wit Toyota Corolla aan die uitry uit sy erf om gemeenskapspatrolliediens te doen toe daar op hom geskiet is.

Hy kon uit die voertuig kom, maar het daarna inmekaargesak.

Altesaam 10 x 9mm-patroondoppies is op die toneel gevind.

Die motief van die aanval word deur owerhede ondersoek.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel