Lees ook: Mangosuthu Buthelezi se gesondheid verswak in hospitaal sê familie
KZN. – Prins Mangosuthu Buthelezi, stigter van die IFP, is vangoggend in die ouderdom van 95 oorlede. Sy familie het sy dood vanoggend vroeg in ’n verklaring aangekondig waarin hulle gesê het hy is pynloos oorlede.
Die familie het gesê hulle gaan werk met die Zoeloe-koning Misuzulu kaZwelithini, president Cyril Ramaphosa, die Buthelezi-familie en die leierskap van die IFP om die begrafnisreëlings te tref. Verdere inligting oor die begrafnis sal later verskaf word en die familie het gevra vir privaatheid.
Buthelezi is in Julie in die hospitaal opgeneem vir ’n “klein operasie”, maar hy moes weer teruggaan vir verdere behandeling in Augustus en is op 3 September weer ontslaan.
Buthelezi word oorleef deur sy kinders, sy dogter, prinses Phumzile Buthelezi en sy seun, Zuzifa Buthelezi.
Bronne: The Citizen, IOL, ECR, EWN
Lees ook: Mangosuthu Buthelezi se gesondheid verswak in hospitaal sê familie



