Teen-afknou-veldtog in Noord-Kaap gehou

Deel hierdie storie / Share this story

EKSTEENFONTEIN, PORT NOLLOTH, NOORD-KAAP. – Die polisie het op 31 Augustus 2023 ‘n teen-afknou-veldtog by Laerskool Stephen Malherbe gehou wat 35 leerders en vier onderwysers betrek het.

Lt.kol. Sergio Kok sê Port Nolloth-polisie se Youth Desk het die kinders oor afknouery en die gevolge daarvan toegespreek. Die kinders moes leer hierdie tipe boeliegedrag word nie by die skool geduld nie en kan ernstige gevolge meebring. Leerlinge is aangemoedig om ander met respek en vriendelikheid te behandel.

Onderwyspersoneel is gevra om afknouery aan leerlinge te verduidelik sodat hulle dit verstaan. Hulle is ook aangemoedig om verder oop kommunikasie met leerling te beoefen.

Kok verduidelik dat die gedrag die potensiaal het om herhaal te word en beide die afknouer en die slagoffer kan ernstige langdurige probleme ondervind.

Drie tipes afknouery is verduidelik – verbale, sosiale en fisiese afknouery – asook dat dit binne en buite skooltyd kan plaasvind.

Die polisie het na die bewusmakingsveldtog lekkernye aan die leerders uitgedeel.

Die dag is afgesluit met die leuse: Don’t bully, read and be a leader tomorrow.”

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel