JOHANNESBURG, GAUTENG. – Die Gautengse gesondheidsdepartement het Sondag bevestig daar is nou 77 mense in die Johannesburg-brand van 31 Augustus 2023 dood, nadat nóg ‘n persoon Sondag in ‘n hospitaal gesterf het.
Van die twaalf identifiseerbare liggame het reeds 10 families hul geliefdes geïdentifiseer en sewe is aan hul families oorhandig.
Familielede van die 62 ongeïdentifiseerbare liggame word versoek om na vore te kom. DNA-toetse word gedoen om die liggame te identifiseer.
Slegs 31 van die pasiënte wat aanvanklik by hospitale behandel is, is steeds opgeneem.
Intussen het die City of Joburg EMS gesê persone moet liefs nie die gebrande gebou binnegaan om hulle besittings te gaan soek nie, omdat dit nie veilig is nie. Die gebou is geseël en die polisie patrolleer die gebied vir ekstra veiligheid.
Stadsingenieurs moet eers die gebou veilig verklaar voordat verdere ondersoeke kan plaasvind.

Bron: Gauteng gesondheidsdepartement en City of Joburg EMS
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



