DRIEKOP, LIMPOPO. – ‘n Egpaar, 38 en 36 jaar oud, wie se name weerhou word, is op Donderdag 31 Augustus 2023 brutaal in hul huis in Ga-Maroga-woonbuurt vermoor.
Kol. Maleselda Ledwaba sê hulle liggame met skietwonde is op ‘n bed onder komberse in hulle sinkhuis aangetref.
Die motief en omstandighede van die moorde word ondersoek.
Hulle name sal, nadat naasbestaandes ingelig is, bekend gemaak word.
Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help kan speurder AO. Daniel Mohlala by 079 875 7771 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



