Noord-Kaap boer wat been verloor het gaan vierwielmotorfiets kan gebruik

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: Foto onderaan berig nie vir sensitiewe lesers nie.

SUTHERLAND, NOORD-KAAP. – Dirk Olivier het in Maart sy been verloor nadat hy onder sy eie trekker beland het wat sy been vergruis het. Hy het met Burre Burger se hulp die regte mediese hulp ontvang.

Die moedige boer is terug op sy plaas waar hy stééds boer.

Burre Burger het gisteraand op Facebook gevra of iemand ‘n vierwielmotorfiets te leen het vir Olivier, omdat dit nou lamtyd is en hy moeilik oor die weg kom.

Burre se naam is sinoniem met Droogtehulp, maar ook is hy ‘n staatmaker met ‘n omgeehart en iemand wat onbaatsugtig aanhou help. Hier vra hy hulp namens ‘n boer wat as gevolg van jare se droogte nie aan ‘n mediese fonds behoort nie.

Tipies van Suid-Afrikaners het hulle dadelik op die plasing begin reageer en persone in die plasing begin tag.

Lees Burger se plasing hier:

Reg dis nou hier waar ek almal se hulp vanaand nog nodig het. Ek is op soek na ‘n QUADBIKE automatic 4×4 vir ‘n Boer wat sy been verloor het en nie met n bakkie kan en mag ry nie. Enigiemand ‘n idee waar ek so iets kan opspoor? Ek soek dit redelik dringend.

Oom Dirk het sy been verloor in ‘n frats. En ons het van dag een af gehelp. Maar dis lamtyd en oom Dirk moet op ‘n manier op die plaas beweeg. En ek wil hom graag help beweeg!!!”

Indien jy wel sal kan help, kan jy vir Burger by [email protected] kontak.

Besoek gerus www.droogtehulp.co.za

Foto: Burre Burger

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel