Checkers steel harte met Sixty60- afleweringsmotorfietsie

Deel hierdie storie / Share this story

Checkers Sixty60 het ‘n afleweringsmotorfietsie vir kinders bekendgestel. En ja dit lyk soos dié wat byna elke liewe kind reeds in een of ander vorm of kleur gehad het. Hierdie een kom egter kompleet met ‘n afleweringsboks agter-op en lyk soos die Sixty60-afleweringsmotorfietse.

Verskeie kleuterskole, soos Botterblommetjies, het reeds plasings gemaak van fietsies wat vir kleuters aangekoop is.

Azraah Hendricks het die maatskappy gemerk in ‘n oulike video en foto’s van haar seuntjie wat met ‘n ventilator beweeg. Sy is dankbaar omdat haar seuntjie nou met sy motorfietsie kan rondbeweeg en boonop pas sy ventilator in die afleweringsboks.

“We did a little something! Thank you Checkers for creating this little bike to get my son around! It is perfect to hold his ventilator so he can play with his brothers as a normal kid should!”

Sosiale media wemel van kinders wat reeds hulle afleweringsfietse het, of ouers wat op soek is na een om te koop. Kinders poseer selfs met hulle afleweringfietse langs hulle gereelde afleweraar vir ‘n foto of twee.

Het jy reeds een gekoop, of beplan jy nog om een te koop?

#checkers#sixty60#checkerssixty60

Bronne: Checkers Sixty60, Azraah Hendricks en Botterblommetjies

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel