Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand
AUSTRALIЁ. – ’n Vrou van Australië wat vanaf 2021 gereeld in die hospitaal was vir ’n reeks simptome het vandeesweek die nuus gehaal.
Die vrou is in 2022 vir ’n MRI gestuur na sy tekens van depressie en vergeetagtigheid, saam met maagpyn, diarree, ’n droë hoes, koors en nog simptome begin toon het.
Dokters het ’n operasie voorgestel en toe kry hulle ’n 7.62 cm lewendige wurm in haar brein. Die wurm is ’n parasiet wat gewoonlik in slange gevind word. Dit is onbekend hoe die wurm in haar lyf beland het, maar dit is moontlik dat die wurm se eiers in die gras was wat die vrou bymekaargemaak het om te kook.
Die vrou se gesondheid is nou beter, maar sy gebruik steeds medikasie vir haar simptome.
Bronne: New York Post, BBC, Sky News



