Verdagte wat weerlose ‘bedwelm en besteel’ vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

INCHANGA, KZN. – ‘n Man (40) wat vir verskeie beweerde misdade gesoek was, is Dinsdagmiddag 29 Augustus 2023 in die Verulam-dorpsgebied in hegtenis geneem.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n versoek vir hulp van Francis Calasse (67) se familie gekry om ‘n vermeende verdagte wat hom glo op 2 Augustus bedwelm en besteel het, op te spoor.

Calasse het van ‘n hartomleidingsoperasie herstel en is na bewering slaapmedikasie ingegee, waarna hy van onder meer skootrekenaars, selfone, ‘n kragopwekker, kompressor, kontant, bankkaarte en ‘n Toyota Yaris, wat uitgebrand gevind is, besteel is.

Volgens inligting het die vermeende verdagte in ‘n skuiling vir haweloses gewoon en soms los werk vir Calasse gedoen. Hy is gevra om tydelik op die perseel te woon, aangesien Calasse se versorger-vriend met vakansie was.

Die vermeende verdagte was volgens inligting in Verulamen ‘n soektog is met behulp van beriggewers geloods. Hy is Dinsdagmiddag aangekeer na ‘n wenk opgevolg is. Hy is by Verulam-polisiestasie aangehou vir sake wat by Inchanga-polisiestasie geregistreer is.

Beamptes het die familie van die inhegtenisneming ingelig waarop hulle gehoor het Calasse is Woensdag 23 Augustus oorlede.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel