Man dood op onwettige kragkabels gevind

Deel hierdie storie / Share this story

CANELANDS, KZN. – ‘n Man (24) van Mountview het Saterdagaand 26 Augustus 2023, nadat hy saam met vriende gekuier het, vermis geraak, Sy liggaam is Dinsdagmiddag op onwettige, oop en lewendige elektriese kabelverbindings gevind.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die oorledene se familie het hulp gesoek om hom op te spoor na hy Saterdagmiddag saam met vriende gekuier het waar alkohol gebruik was. Hy is glo besope gesien op die voetpad waarop onwettige elektriese verbindings lê.

Beamptes is oor die kabels gewaarsku, maar is die digte bosse in, waar hulle die vermiste man se liggaam ongeveer 150 meter van die pad op die elektriese kabel aangetref het.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel