Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.
BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – Veldbrande in Boshoff, Dealsville, Brandfort, Soutpan, Verkeerdevlei en Dealsville het tot gevolg gehad dat 160 skape en twee skilpaaie uitgesit moes word. ‘n Verdere 28 beeste en twee perde moes in die Thaba-Nchu- en Tweespruit-omgewings uitgesit word.
Werner Botha sê volgens die Bloemfontein-DBV was die diere swak en gebrand en daar was geen ander keuse as om die stap te neem om die diere se lyding te stop nie.
Botha sê die DBV werk onverpoosd om pyn en lyding te verminder.
“Our hearts are absolutely shattered for these poor animals that have suffered so immensely. The Bloemfontein SPCA inspectorate team’s hearts go out to all the animals that have suffered so immensely by this horrific event and all the farmers who have to deal with this tragedy. Our hearts are with you.”
Die publiek wat beseerde of gebrande diere wat ly wil aanmeld, word aangemoedig om 078 322 8332 te bel.
Bron: Bloemfontein DBV
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



